Local newsSchools

Mense geniet Goedehoop se Kleur Pretloop

Altesaam 80 spanne het deelgeneem.

Laerskool Goedehoop het op 23 Februarie hul eerste kleur pretloop by die skool aangebied en hulle beplan om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Die doel van dié inisiatief was om geld in te samel. Deelnemers kon in spanne van vier lede inskryf en elke spanlid moes 1km hardloop.

Daar het altesaam 80 spanne deelgeneem en daar was ’n pretloop vir dié wat dit net wou geniet asook ’n meer kompeterende wedloop vir die atlete wat meer ernstig is.

Die Road Runners-span was die wenners van dié pretloop terwyl die Happy Feet-span tweede geëindig het en die Funtastic 4 derde.

Die Crazy Crayons het die prys vir die beste geklede span gewen. Die Wit Blits-span het tweede geëindig in dié afdeling en die Fats and Furios-span derde.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button