Delmas Rolbalklub skop 2023 suksesvol af
Beplanning vir die groot gebeurtenis van die jaar, die besigheidsliga, is ook reeds op die tafel.
Die Delmas Rolbalklub vroue het stof in die oë van hul teenstanders geskop.
Delmas se vroue-afdeling 3A het op 18 Februarie in Edenvale deelgeneem in die kompetisie om die derde en vierde algehele wenners in hul onderskeie afdelings te bepaal. Die span het hul afdeling teen Kempton Park met 29-9 gewen.
Die mansspan het hul afdeling met ’n kortkop teenoor die van die Atlas Rolbalklub verloor met ’n eindtelling van 20-17.
Dawie Bredenkamp het die klub in die nasionale mans enkels-kampioenskap gaan verteenwoordig.
Die klub het voorts aangekondig dat hul jaarlikse klubkompetisies nou amptelik afskop en dat daar ’n rondomtalie-toernooi saam met die klubs van Nigel en Heidelberg beplan word.
Beplanning vir die groot gebeurtenis van die jaar, die besigheidsliga, is ook reeds op die tafel.
LEES OOK: KFC Mini-Cricket community festivals will be staged in various provinces
Die jaarlikse kaalvoet-rugby vind ook weer gedurende die Maart-skoolvakansie plaas. Die rolbalklub gaan vanjaar van dié kaalvoet rugbyspelertjies aan rolbal voorstel.
“Daar gaan op 27 Maart 40 leerders op ons baan kuier en ons sien daarna uit om hulle te akkommodeer,” het
Hennie Terblanche, president van die Delmas Rolbalklub gesê.
“Ons is dankbaar vir die nuwe lede wat by ons klub aangesluit het. Ons lede is positief en die klub groei.”
Terblanche nooi ook alle belangstellende spelers om die klub te besoek.
“Kom maak ’n draai by die Delmas Rolbalklub in Samuelweg op Delmas. Ons begin Saterdae om 14:00 te speel of kom kuier net saam met ons,” het Terblanche genooi.




