Cullinan-kunstenaar ekspirimenteer met nuwe metodes
Nuwe kuns metodes vir Cullinan kunstenaar.
Cullinan kunstenaar, Marius Conradie, wil sy kunswerke ’n stappie verder neem en ’n nuwe vorm van kuns bekendstel.
“Dit is werke wat beeldhou met digitale metodes kombineer om ’n nuwe soort beeldkuns voor te stel,” het Conradie verklap.
Maar eers werk hy en die bekende Cullinan-kok en kunstenaar, Lientjie Wessels, aan hul huidige vorm van kuns wat hulle later vanjaar wil uitstal.
Die twee werk graag saam en stal gereeld saam uit.
LEES OOK: All-out effort to counter crime in Standerton
Conradie gebruik kuns as ’n visuele uitdrukking vir sy emosies en om insig te verskaf oor hoe hy die wêreld ervaar.
“Mense kyk na dieselfde oomblik, maar ervaar en intrepreteer dit verskillend. Dit is iets besonders.
“Daarom strewe ek daarna om emosie visueel uit te beeld en om dit wat ek in my geestesoog sien, oor te dra in die werke deur die prosesse wat ek gebruik,” het Conradie verduidelik.
Hy gebruik ’n kombinasie van mediums en prosesse om ’n kunswerk in die lewe in te bring.
LEES OOK: Suspect nabbed at hiding place after theft in Standerton CBD
Dit sluit in om olieverfwerke en soms foto’s in kombinasie met eksperimentele digitale metodes te gebruik om nuwe vorms van kuns uit te beeld.
Daar is egter een proses waaroor sy lippe nog geseël is.
“Ek sal wel sê dat ek eksperimenteer om nuwe moderne tegnieke in plek te sit wat kunstenaars as nuwe mediums kan benut,” het hy vertel.
Conradie is in Umtata in die Transkei gebore maar het in Pretoria grootgeword. Hy woon nou sowat drie jaar op die historiese diamant dorpie, Cullinan.










