Local news

VLU-vroue hou streekskongres op Secunda

Tjoekie Nel van Bethal wen trofee vir Hoëveld Vrou van die Jaar.

VLU-vroue van verskeie takke in die omgewing het op 2 Maart die VLU Streekkongres wat deur die Secunda-tak aangebied is, bygewoon.

Sommige vroue het die pryse ingeryg.

Die Bella Canto-sanggroep het die vroue vermaak met hul stemme. Dominee Recardo Scholtz, die gasspreker, het oor die VLU se tema vir 2023, diversiteit, gepraat.

“By die VLU word iets bevorder – verhoudings of kennis of jy groei,” het Scholtz gesê.

“Elke persoon is uniek en die Here gebruik ons op unieke maniere.”

Gerda Büter was die seremoniemeester vir die dag. Die vroue is ook vir hul harde werk deur die jaar vereer.

Tjoekie Nel van die Bethal VLU-tak het die Hoëveld Vrou van die Jaar-trofee gewen.

Sy het ’n eerste plek in die afdeling gebotteld, ’n tweede plek vir gebak met haar gemmerkoekies met heuning en ’n derde plek in die brei-afdeling behaal.

Die ander VLU-vroue wat uitgeblink het is:
• Launa Jansen van Vuuren van die Secunda-tak wat eerste geëindig het in die foto-afdeling asook vir ’n toiletsakkie wat sy gemaak het, tweede vir gebotteld en derde vir ’n koekbord wat sy gemaak het.

• Mariana Bowker van die Secunda tak wat derde geëindig het in die afdeling gebotteld.

• Ilse Cronjé van die Bethal-tak wat gewen het met haar gemmerkoekies met heuning en met haar koekbord en tweede geëindig het in die blomme vir beginners-afdeling.

• Lynette Posthumus wat die skryfkuns-afdeling gewen het asook die ope blomme-afdeling.

• Rosa Black van die Secunda-tak wat eerste in die blomme middelbare afdeling geëindig het.

• Teresa de Wet wat tweede in die ope blomme-afdeling geëindig het en derde vir die toiletsakkie wat sy gemaak het.

• Magda van Niekerk van die Kinross-tak wat tweede geëindig het in die brei-afdeling.

• Nellie Louw van die Bethal-tak wat tweede geëindig het vir ’n kerspitkussingsloop wat sy gemaak het.

• Sophie Hugo wat tweede geëindig het in die gevorderde blomme-afdeling.

• Lenie Beukes wat deride in die gevorderde blomme-afdeling geëindig het.

Die VLU-vroue het ook ’n nuwe Hoëveld-bestuur gekies met Gerda Büter as die streeksvoorsitter, Tjoekie Nel as die beoordelaar sameroeper, Tersia Botha as die skakelbeampte, Maretha Middel as die adjunk-voorsitter en sekretaresse en Monica Swart as die tesourier.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button