Willie Joubert sing by Davieshof op Secunda
Dié nie-winsgewende organisasie is van skenkings van die gemeenskap afhanklik.
Die gospelsanger, Willie Joubert, het inwoners van Davieshof op 27 Februarie vermaak. Hy het ook by die Evangelies Gerformeerde Kerk en Laerskool Kruinpark opgetree.
Die bestuur van Davieshof het gesê hulle wil graag vanjaar instandhouding aan die kliniek doen, wat ’n gratis diens aan inwoners van Davieshof gee, asook aan die geboue.
Dié sentrum is ’n diensorganisasie wat in 2001 gestig is deur inwoners in die gemeenskap om dienste te lewer aan die inwoners van Daviescourt (die gebou).
Davieshof is ’n munisipale tehuis vir behoeftige bejaardas wat hoofsaaklik op ’n Sassa-toelaag leef.
LEES OOK: Cullinan Library to launch a new training venue
Daar is tans sowat 80 inwoners en Davieshof, die diensorganisasie, betaal ’n geregistreerde suster wat by die kliniek werk.
Inwoners se basiese mediese ondersoeke kan by die kliniek hanteer word en inwoners se medikasie word by apteke of die staatskliniek afgehaal en aan hulle gegee.
’n Plaaslike dokter besoek die kliniek weekliks waartydens hy inwoners teen ’n minimale bedrag kan sien.
LEES OOK: Wild Bunch Revolution Chapter maak kinderharte bly
Die sentrum se kantoor lewer administratiewe en logistieke dienste aan inwoners en dit sluit ook in die beskikbaarstelling van etes, funksies en ander ageleenthede.
Die kantoor is ook die inwoners se skakel met die munisipaliteit en die sentrumbestuur en die tweedehandse winkel wat ’n inkomste vir die instandhouding en personeel te genereer.
Davieshof is as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer en voldoen aan die vereistes om skenkers te kan voorsien van ’n A18 kwitansie vir belastingsdoeleindes.
Belangstellendes wat Davieshof wil ondersteun, kan die kantoor skakel by 017 631 1457.



