Local newsStreeknuus

Delmas-gemeenskap staan by om Ons Eie se kragopwekker te herstel

Met verswakte bejaardes, waarvan sommige van suurstof afhanklik is, is die kragopwekker ’n noodsaaklike lewenslyn, veral tydens beurtkrag.

Die kragopwekker van Ons Eie Ouetehuis op Delmas se tenk het diesel gelek en het daarom onnodige ekstra kostes vir Ons Eie ingehou.

Met verswakte bejaardes, waarvan sommige van suurstof afhanklik is, is die kragopwekker ’n noodsaaklike lewenslyn, veral tydens beurtkrag.

‘n Delmas-inwoner, Susan Delport, het Streeknuus meegedeel dat sy gereeld by Ons Eie besoek aflê.

“Ek het van die probleem te hore gekom en besluit om ’n paar oproepe te maak,” het Susan gesê.

Die ligging van die kragopwekker op die perseel het egter ’n paar uitdagings ingehou.

Delmas Crane Hire was gekontak, maar het nie ’n geskikte grootte kraan beskikbaar gehad nie, want hul kleiner hyskrane was op ander persele.

Dit was skynbaar nie ’n probleem nie en op 9 Maart het ’n hyskraan in Sesdestraat voor Ons Eie se voordeur gestop om die noodsaaklike herstelwerk te doen.

Intussen was Johan Delport, Susan se seun ook deur sy ma aangetree om die nodige sweiswerk te doen ten einde die gat in die kragopwekker se tenk toe te maak.

Met Delmas Crane Hire se kranige hyskraanbestuurder en ander werkers op die toneel was die kragopwekker uit sy staanplek gelig, getilt en kon die sweisspan die gaatjie in die bodem van die tenk herstel.

“Ons Eie Ouetehuis bedank Johan Delport van Delmas Radiators sowel as Hannes Greyling en Johan de Lange van Delmas Crane Hire vir die vinnige en gratis herstel van ons kragopwekker. Hierdie flink diens word opreg waardeer,” het Sharon Rabie, bestuurder by Ons Eie, gesê.


LEES OOK: Wisdom of Solomon needed to unravel eMbalenhle baby saga

LEES OOK: eMbalenhle community believes rape trail is motive behind woman’s murder




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button