Ons Winkel op Bethal kry nuwe eienaar
Skenk jou ou items wat nog bruikbaar is aan tweedehandse winkel.
Helpende Hand se tweedehandse skenkingswinkel op Bethal, Ons Winkel, het onlangs ’n nuwe eienaar gekry, Debbie Jansen van Vuuren.
Die doel van Ons Winkel is om bruikbare items en skenkings wat steeds in ’n werkende toestand is, aan die gemeenskap te verkoop.
Die wins wat vanuit die winkel verwek word, word aangewend om voorspoed in Afrikaner-gemeenskappe te verseker. Inwoners wat van hul ou items ontslae wil raak, is welkom om dit aan Ons Winkel op Bethal te skenk.
LEES OOK: Geleentheid op Cullinan in geld om dogters op skool te hou
Melissa Nel, skakelbeampte van Helpende Hand, het gesê die geld wat deur Ons Winkel-takke landswyd gemaak word, stel Helpende Hand in staat om maatskaplike werkers in diens te neem om uitdagings in die gemeenskappe aan te pak en om gemeenskappe te help om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Ons Winkel takke dra ook by tot die Helpende Hand Studietrust wat rentevrye studielenings aan hulpbehoewende Afrikaanse studente bied en aan jongmense wat dit andersins nie sou kon bekostig nie, help om verder te studeer.
Besoek Ons Winkel op Bethal by 13C Clerqstraat of skakel Jansen van Vuuren by 082 328 1899.



