Delmas se VLU-lede raak rekenaar-slim
“Almal was dit eens dat Palm se aanbieding baie leersaam was en dat indien jy kan lees, jy die program maklik kan baasraak,” het Magriet Swart, skakelbeampte van die Delmas VLU, laat hoor.
Die fotograaf Erin Palm, was die gas by die Delmas Vroue Landbou-Unie se vergadering op 28 Februarie in die saal van die Hervormde Kerk plaasgevind het.
Palm, getroud met ’n boer van Marble Hall en geseënd met drie kinders, se liefde vir fotografie is deur haar pa, ook ’n fotograaf, gekweek.
“Deur sy leiding en lektorskap het ek eindelik van 2014 fotografie as ’n voltydse beroep opgeneem.”
Palm spog met verskeie toekennings vir haar foto’s en is in 2017 as een van die top 10 opkomende fotograwe in Suid-Afrika aangewys.
’n Foto van haar man en seuntjie het ook al die voorblad van ’n bekende landboutydskrif gehaal. Palm het die vroue rondom die tegniek van fotoboeke op die rekenaar touwys gemaak.
LEES OOK: AfriForum se Valke Buurtwag streef na veiligheid vir hul lede en die gemeenskap
“Almal was dit eens dat Palm se aanbieding baie leersaam was en dat indien jy kan lees, jy die program maklik kan baasraak,” het Magriet Swart, skakelbeampte van die Delmas VLU, laat hoor.
Na afloop van dié kursus het Jeanette Scheepers die vroue meer geleer rondom opstop-borduurwerk of te wel ‘stumpwork embroidery’.
“Dit is ’n fyn kunsvorm en aangesien dit driedimensioneel is, vertoon hierdie borduurwerk ongelooflik mooi,” het Swart gesê.
“Met die genoegdheid van rekenaar-slim wees, eie foto albums vol herinneringe bou en drome van prag borduurstukke, was ons Delmas VLU vergadering weer eens ’n verrykende samekoms van hegte vriendinne,” het Swart afgesluit.





