Local news

Dokter Pelser neem weer beste foto’s

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op Vrydagaand, 14 April by te woon.

Dokter Leon Pelser het weer eens weggestap as die fotograaf wat die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling geneem het by die Hoëveld Fotografieklub byeenkoms van 3 Maart.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Harvest Time, ontvang. Die voorgeskrewe onderwerp vir Maart was Plaas/Farm en die beoordelaar vir die aand was Bernie van der Vyfer.

Pelser was ook die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Photographer in the Mosque. Vir hierdie foto asook vir Steam Tower Inside in die fotojoernalistieke afdeling het hy ’n sertifikaat van meriete vir elk ontvang.

Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met sy foto, Dikoneng Jabula Camp Sunset en het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.


Hoëveld fotograwe skryf beste fotos in


Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is:
• Edmund Hattingh vir sy foto’s Visarend in die natuurvoëlsafdeling en Sheep Farm in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Danie Smit vir Hagia Sofia in die landskapafdeling, Playful in die monochroomafdeling en Wolwasser in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Bhavik Bhaga vir The Long and Winding Road in die landskapafdeling en Golden Hour in die portretafdeling.

• James Harris vir Family Man in die monochroomafdeling, By2 in die portretafdeling en Farm Church in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Sussa Pelser vir Smoking my Cigarette Mono in die monochroomafdeling, Spinning in die fotojoernalistieke afdeling en Soja Oes in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

•Yolande Pietersen vir Colour Relay1 in die fotojoernalistieke afdeling en Plaaslewe wat is ’n Boer sonder sy Bakkie in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Piet Potgieter vir Not too Shy in die monochroomafdeling en Hanno de Beer vir Koring op die Vlakte in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 14 April om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button