Local news
VLU se Kaalspruit-takvoorsitter presteer by streekkonferensie op Secunda
Marietjie Swart, voorsitter van die Kaalspruit-tak op Standerton, se muurprent met motiewe, het ’n eerste plek behaal.
Die VLU se Hoëveld Streekkonferensie het onlangs op Secunda plaasgevind. Beoordelaars het die vroue se inskrywings in verskeie afdelings onder oë gehad.
Marietjie Swart, voorsitter van die Kaalspruit-tak op Standerton, se muurprent met motiewe, het ’n eerste plek behaal.
Haar gehekelde sonhoed het ook eerste geëindig.
Sy het ’n sertifikaat in ontvangs geneem vir getroue diens as voorsitter in 2022.
Santie Cawood, ook van die Kaalspruit-tak, het ’n 15-jaar lidmaatskapsertifikaat ontvang.
ALSO READ: Ons Winkel op Secunda soek jou ou items
ALSO READ: Vaalrivier-tak op uitstappie na Standerton se buurdorp
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




