Tiener help AfriForum om slaggate op Secunda reg te maak
Seun daag ander uit om ook betrokke te raak.
Christo van Niekerk (15) kon nie aanvaar dat drie ouer mense slaggate regmaak by die eendedam se verkeerslig nie.
Hy en sy ma, Debbie van Niekerk, het op 18 Maart daar verby gery en haar gevra om om te draai en hulle gaan vra of hy kan help en wat hy kan saamneem om te help.
Dit was lede en vrywilligers van AfriForum wat op dié besluit het om die slaggate reg te maak.
Van Niekerk het sy pa gaan vra of die gesin se tuinwerker kan saamgaan om te help en Van Niekerk het ook sy hande vuil gemaak om te help om die slaggate reg te maak.
Hy daag nou ander inwoners uit om ook te stop en te help om dinge in Secunda te verbeter.
“Almal kla altyd, maar niemand help om dit reg te maak nie,” het Van Niekerk gesê.
Die voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, Jan du Plessis, Marie Burger en Chris Bornman is die drie inwoners wat begin het om die slaggate reg te maak.



