Local news

Ligdraer-projek eindig by kerk

Barmhartige Samaritane gee steeds donasies vir projek.

Die twee broers, Hendrik (71) en Johan Keyser (65), en hul suster Anna Meyer het tydens die Ligdraer projek 154km vanaf 13 tot 17 Maart gestap.

Die doel van dié projek, wat ’n inisiatief van die gemeenskap in samewerking met die NG Kerk Goedehoop-gemeente is, was om geld en nie-bederfbare items vir liefdadigheid in te samel.

Die organiseerders van die projek het vier instansies geïdentifiseer in die Secunda-omgewing wat by die projek gaan baat.

Dié vier instansies is Adullam Sendingstasie, House of Mercy Hospice, Janelle Huis op Evander en Davieshof.

Verteenwoordigers van dié instansies, asook van die inwoners van Davieshof, het die afsluiting van die laaste dag van die staptog, Vrydagaand, met ’n ete en ’n kort stappie om die blok saam met die gemeenskap in die saal by die NG Kerk Goedehoop-gemeente geniet.

Een van die organiseerders van die projek, Liné de Vries, het gesê hulle hoop om ’n klein verskil te maak in die lewens van die mense wat by die vir instansies betrokke is.

Hulle het nog nie die geld en ander items wat ingesamel is aan die instansies oorhandig nie, omdat donasies en borge steeds inkom.


LEES OOK: Dellie-atlete spook dit uit by provinsiale kampioenskap

LEES OOK: Sewejarige van Secunda sukkel steeds erg met gesondheid ná kankergewas




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button