Local news
Weldoener op Standerton sorg dat vrou haar belangrike dokumente terugkry
Dié sak is deur ’n weldoener by ’n vulstasie op die dorp opgetel en aan die Standerton Advertiser oorhandig.
Christina Oersen van Uitbreiding 8 het ’n sak, waarin klere was, en bykans haar hele ‘lewe’, onlangs verloor.
Haar Sassa-kaart, begrafnispolisstrokie, kragstrokie asook kontant was in die sak.
Dié sak is deur ’n weldoener by ’n vulstasie op die dorp opgetel en aan die Standerton Advertiser oorhandig.
Esther Nkutha, die koerant se skoonmaker, het die begrafnisondernemer gaan sien en ’n oproep gemaak na mense wat Christina ken.
Christina se vriendin, Lucy Lombaard, het haar bygestaan en hulle het op 23 Maart die sak kom afhaal.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



