Local newsStreeknuus

Mpumalanga-buurtwagte hou wakende oog tydens #NationalShutdown

Die Delmas-tak het ook ondanks die #NationalShutdown steeds voortgegaan en slaggate in Van der Waltstraat opgevul. Tydens hierdie inisiatief is ongeveer 50 sakke teer gebruik om 45 slaggate te vul.

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het reeds vanaf 19 Maart sigbaarheidsaksies van stapel gestuur in aanloop tot die EFF se #NationalShutdown.

Die aksies het ingesluit die verwydering van bande en die oprigting van observasieposte, asook hommeltuig- en voertuigpatrollies.

Verskeie buurtwagte van AfriForum het onder meer saam met die SAPD, GPF en privaat veiligheidsdienste gewerk en deurlopend met mekaar geskakel.

In aanloop tot dié staking het verskeie groepe bymekaargekom en gebeurlikheidsbeplanning bespreek.

In die meeste dorpe in Mpumalanga was die EFF-lede egter min en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

AfriForum se beheerkamer vir die noordstreek was ook voortdurend met ander veiligheidstrukture in kontak om die situasie te moniteer.

“AfriForum sal altyd saam met ander veiligheidstrukture in die land werk om orde te handhaaf en om ons gemeenskappe se veiligheid eerste te stel,” het Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Die Delmas-tak het ook ondanks die #NationalShutdown steeds voortgegaan en slaggate in Van der Waltstraat opgevul. Tydens hierdie inisiatief is ongeveer 50 sakke teer gebruik om 45 slaggate te vul.

“Niks sal ons tot stilstand dwing nie. Ons dorp is ons trots en ons sal aanhou om die dorp op te knap,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak, gesê.

Om by jou plaaslike AfriForum buurtwag aan te sluit SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button