Local news

Help voormalige Secunda-inwoner om sy Kilimanjaro-droom te bewaarheid

Johann van Coller benodig nog R36 939 vir Kilimanjaro.

‘n Oud-Secunda inwoner, Johann van Coller, kort geld om Kilimanjaro te klim.

Hy het op 31 Januarie 2021 al begin stap vanaf die mees suidelikste punt van Suid-Afrika, die Kaap Agulhas. Hy het Kilimanjaro, in die dorpie Moshi in Tanzanië, se voetenent op Maart bereik.

Van Coller het beplan om dié staptog binne agt maande te voltooi, maar ’n tekort aan geld, het dié beplanning van hom in die wiele gery.

Sy eintlike droom is om die eerste mens te word wat vanaf die Suidpool na die Noordpool stap en die Kilimanjaro-reis is voorbereiding vir Van Coller se groter droom.

Hy benodig nou sowat R51 500 om tot bo-op die berg te klim. Hy het reeds R14 561 bymekaargemaak deur barmhartige Samaritane wat vir hom geld geskenk het en deurdat hy los werkies doen.


Johann van Coller tydens een van sy vele avontuurtogte in Suid-Afrika.

Die ander alternatief is dat Van Coller 10 ander mense moet kry wat die berg saam met hom gaan klim, dan sal die toergroep hom verniet laat klim.

“Ek dink dit gaan makliker wees om die geld in te samel as om 10 mense te kry,” het Van Coller in ’n video op sy sosiale platforms gesê.

Hy het gesê as 515 mense elkeen vir hom R100 kan gee, sal hy sy droom kan bereik.

Van Coller het die mense wat hom al gehelp het op sy staptog deur blyplek, kos of geld te gee, bedank en gesê dit is ongelooflik hoe mense steeds help.

Hy het vroeër jare in Kaapstad gewoon en by die Koeberg Kragstasie gewerk, maar later besluit hy wil anders lewe.


Johann van Coller werk om geld bymekaar te maak vir sy droom om Kilimanjaro te klim.

“Hy het nog altyd anders na die lewe gekyk as die meeste mense,” het sy ma, Madeleine de Villiers, gesê.

Van Coller het toe sy werk bedank, al sy besittings verkoop en besluit om voltyds avonuurier te wees.

Hy het al vanaf Johannesburg na Kaapstad gehardloop en die 1 664km in 71 dae afgelê. Hy het ook al oor die Atlantiese oseaan geseil.

Van die los werkies wat hy die afgelope ruk gedoen het om sy droom te bewaarheid sluit in om vir mense tatoeëermerke te gee, om as kroegman te werk, om te help met loodgieterwerk, om mense op staptoere te neem en om modelwerk te doen.


LEES OOK: Govan Mbeki mayor claims land invasion contributes to water shortages


Van Coller het ook reeds met verskeie ondernemings, banke en nie-winsgewende organisasies in verbinding getree om ’n werk in Tanzanië te kry, maar sonder sukses.

Hy het gesê hy verwelkom enige idees van mense wat hom kan help of wil raadgee.

Belangstellendes wat Van Coller finansieël wil ondersteun, kan geld by sy spaarrekening by Capitec Bank in betaal.

Die rekening naam is JJ Van Coller, die rekeningnommer is 158 962 8509 en die takkode 470 010.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button