Local newsStreeknuus

Modelklei-klasse vir Delmas VLU-tak se eerste herfsvergadering

“Die beoordelaars streef voortdurend daarna om positiewe en opbouende kritiek te lewer om sodoende die deelnemers aan te spoor om hul artikels af te rond en te verbeter.”

Die Vrouelandbou Unie (VLU) Delmas-tak het die eerste maand van herfs met ’n besige vergadering vol leersame aktiwiteite, mini-skou, paasfeesvieringe, maar ook baie pret ingelyf.

Die vroue het vroegoggend op 28 Maart begin opdaag met bittereinder Jané Oosterhuis en haar man Jaco aan die voortou.

Kratte vol kompetisie artikels, eetgoed vir teetyd met tafeldoeke en dekor wat by haar paastema pas is vroeg by die saal van die Hervormde Kerk op Delmas ingedra.

Tydens die mini-skou was beoordelaar Elsie Bredenkamp weer op haar plek om die artikels te beoordeel.


Heerlike gebak word by die gasvrou, Jané Oosterhuis, se tafel geniet.

Kompetisie artikels het ingesluit Italiaanse tamatie-kruiebrood, mikrogolf-tamatieblatjang, ongekookte Italiaanse slaaisous en outydse roomkaas-mente.

“Tamaties is die produk van die jaar en daarom dan dat tamaties vanjaar by die gebottel- en gebak-afdeling ingesluit word,” het die skakelbeampte, Magriet Swart gesê.

Daarna was dit tyd vir die formaliteite met die voorsitter, Marie Terblanche aan die woord wie dit met goeie beplanning vinnig deurgewerk het, want die prysuitdeling was op hande.

Sertifikate, sowel as teelepels was vir getroue bywoning was oorhandig asook vir kompetisie artikels waar punte van 85% en hoër bereik is. Laastens was wisseltrofeë oorhandig vir die beste presteerders in elke afdeling.

Volgens Swart word die VLU se standaard aan uitnemendheid gemeet.


Beoordelaar, Elsie Bredekamp, in vrolike luim.

“Netheid en kreatiwiteit word hoog aangeskryf. By gebottel en gebak word gekyk na smaak, kleur en aanbieding. By naaldwerk items word netheid, samestelling en balans van die voltooide artikel beoordeel.

“Kuns word beoordeel aan kreatiwiteit, tekstuur, die uitvoering van die opdrag, met balans, kleursamestellings in gedagte en of dit mekaar komplimenteer.

“Te alle tye moet die riglyne vir die spesifieke artikel nagevolg word,” het Swart bygevoeg.

“Die beoordelaars streef voortdurend daarna om positiewe en opbouende kritiek te lewer om sodoende die deelnemers aan te spoor om hul artikels af te rond en te verbeter.”

Volgens die VLU op Delmas is die doel van die kompetisies grootliks daar om nuwe vaardighede aan te leer en kennis te verbreed.


Trofee wenners, Ansie van Zyl, Belinda Duvenage, Jeanette Scheepers, Jané Oosterhuis, Marié Terblanche en Eileen Putter.

“Ons lede is soms huiwerig om aan kompetisies deel te neem, maar die hoofdoel is die aanleer van nuwe vaardighede, stimulerende breinontwikkeling en gesellige sosiale samesyn wat weer ’n belangrike element vir ’n lang en gesonde lewe is.”

Na afloop van die vergadering het die vroue hulle modelklei uitgehaal. Belinda Duvenhage het die leiding geneem en almal laat klei brei en uitrol. Duvenhage het spesiale drukkertjies saamgebring en die vroue het geskenk-etikette gemaak. ’n Spesiale gas was Annerie Scheepers, wat saam met haar ouma, Jeanette Scheepers vir die dag kom kuier het. Irma du Plessis het ook saam met Hester Vorster van Brakpan af kom kuier.

“Ons moes ook afskeid neem van ’n jarelange VLU-vriendin, Hester Vorster. Sy het as ’n nagsuster by ouetehuise afgetree. Sy gaan haar in Oos-Londen vestig om naby haar kinders te wees.

“Gelukkig is daar reeds van haar ou vriende by dié aftreeoord.”

Die Delmas VLU-tak wens haar ’n geseënde aftrede toe en die Heer se guns vir ’n gesonde en gelukkige nuwe tydvak in haar lewe.”

Die VLU nooi alle vroue, ouer as 18 jaar, om by hulle aan te sluit. Vir meer inligting skakel Marié Terblanche by 083 968 2203.



Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button