Kinross VLU-vroue praat oor kongres op Devon
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op Donderdag, 11 Mei by te woon.
Vroue van die Kinross VLU-tak het op Donderdag, 13 April by die Evanderklub vergader en gepraat oor die streekskongres wat binnekort op Devon plaasvind.
Hulle het ook die drie vroue wat op die streekskonferensie wat onlangs op Secunda plaasgevind het, geluk gewens.
Dié vroue is Erith Hall wat in totaal 409 punte behaal het, Thea Potgieter wat 208 punte behaal het en Magda van Niekerk wat 80 punte behaal het.
Fiona Viljoen het oor die VLU se boom van die jaar, wat die wit olienhoutboom is, gepraat.
Die Kinross VLU-tak se volgende vergadering is op Donderdag, 11 Mei om 09:30 by die Evanderklub.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.



