Voetganger sterf op die N12
Die ongeluk het glo plaasgevind toe ’n voetganger oor die N12 gehardloop en voor ’n aankomende VW Polo Cross beland het.
Die polisie op Delmas is vroeg op 23 April na ’n ongelukstoneel op die N12 ontbied. Met hul aankoms op die toneel, digby ’n bekende vulstasie aan die N12, het dit geblyk ’n voetganger is doodgery.
Die ongeluk het glo plaasgevind toe ’n voetganger oor die N12 gehardloop en voor ’n wit VW Polo Cross beland het.
Die bestuurder van die VW Polo was vanaf Witbank in die rigting van Johannesburg op pad toe die ongeluk gebeur het.
Volgens omstanders op die toneel was die bestuurder van die VW Polo erg geskok en getraumatiseerd na die ongeluk.
Die voetganger is op die toneel deur lede van ER24 dood verklaar. Alle dienste was op die toneel teenwoordig.
Teen druktyd was die identiteit van die slagoffer nog onbekend.
ALSO READ: Watch: The hunt for the N12 robbers near Delmas
ALSO READ: Man in die kop geskiet na klippe op die N12-hoofweg naby Delmas gepak is




