Local news

Secunda VLU-vroue doen kolle-kuns

Vroue wat belangstel in aandtak, kan voorsitter skakel.

Vroue van die Secunda VLU-tak het op 19 April vergader en geoefen hoe om kolle-kuns te doen.

Hulle het ook gepraat oor ’n uitstappie na ’n materiaal- en borduurwinkel wat hulle binnekort wil onderneem.

Die voorsitter van dié tak, Rosa Black, het goed gevaar in die maandelikse kompetisie en 80% gekry vir haar Assisi-borduurwerk in die eie keuse-afdeling.

Dié vroue oorweeg dit om ’n aand-tak te stig sodat werkende vroue ook by die VLU betrokke kan raak.

Die Secunda VLU-tak vergader weer op 3 Mei om 09:30 in Die Rots by die NG Goedehoop/Secunda-Oos-gemeente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button