Local newsSchoolsStreeknuus

Kleingoed van Delmas geniet Heidi Kleuterskool se atletiekdag

Die byeenkoms het op 25 April plaasgevind.

Heidi Kleuterskool op Delmas het weer vanjaar hul kleuteratletiekdag by Hoërskool Delmas aangebied.

Die byeenkoms het op 25 April plaasgevind en almal was daar – oupa en ouma, oom en tannie, mamma en pappa en boeties en sussies, want vanjaar se atletiek was ekstra groot.

Die kleuters van Rakkers Kleuterskool het saam in die atletiekpret gedeel.

Items waaraan die kleingoed deelgeneem het, is gewigstoot, ‘motorfietsresies’, hindernisbaan, hekkies en vele meer.

PlayBall het ook weer oudergewoonte vir groot vermaak onder die kleingoed gesorg.

Heidi Kleuterskool se hoof, Riëtte Wheller, het ouers wat by die verversingstalletjie gewerk het, bedank, asook Hoërskool Delmas vir die gebruik van hulle fasiliteite, die onderwysers en spesifiek die jong Heidi- en Rakker Kleuterskool-atlete vir hul deelname en bydrae tot die sukses van die oggend.

“Ons het ook vanjaar ons heel eerste ouer-en onderwyseraflos gehad. Dit was groot pret en ons hoop om dit voortaan ’n jaarlikse instelling te maak,” het Wheller laat hoor.


Toekomstige ‘springbok atleet’, Mion Palm tydens die hekkie item.
Pret tydens die hekkie wedlope.
Jelanri Cornelius gly oor die hekkie.
Kleuteratletiek op sy beste.
Riëtte Wheller, hoof van Heidi Kleuterskool, gee die pas aan.
Lia Venter durf die hindernisbaan aan.
Willem Gouws wys sy slag op die hindernisbaan.
Gewigstoot-aksie tydens Heidi Kleuterskool se kleuteratletiekdag.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button