Ouetehuis se basaar op Standerton is om die draai
Helpers word benodig om die stalletjies te beman en sal, waar nodig, geplaas word.
Kosmos Aftreeoord in Mbonani Mayiselastraat hou op 5 Mei hul basaar. Verskillende gemeentes op die dorp en Hoërskool Standerton sal stalletjies beman.
Tradisionele lekkernye en kos sal te koop aangebied word en wegneemetes sal beskikbaar wees. Inwoners kan ook by die teetuin in ’n gesellige atmosfeer ontspan.
Donasies vir die Wit Olifant- en handwerktafel kan by die ouetehuis ingehandig word. Daar sal ook ’n boeketafel met interessante leesstof wees.
Helpers word benodig om die stalletjies te beman en sal, waar nodig, geplaas word. Die bestuurder, Sanpat Coetzee, het die gemeenskap genooi om die geleentheid by te woon.
Indien daar gemeentes of instansies is wat wil betrokke raak, kan die kantoor by 017 712 2278 geskakel word of tree in verbinding met Joey Swart by 083 561 7608.
: Azania residents want temporary toilets from GMM




