Local news
Standerton se gemeenskap ondersteun ouetehuis se basaar
Die voertuie het van vroegoggend parkeerplek in Mbonani Mayiselastraat gekry en ’n feestelike atmosfeer het geheers.
Kosmos Aftree-oord se basaar op Vrydag 5 Mei het groot aftrek gekry.
Volgens die bestuurder, Sanpat Coetzee, het die ouetehuis meer as dubbeld soveel bestellings as verlede jaar gekry.
Die voertuie het van vroegoggend parkeerplek in Mbonani Mayiselastraat gekry en ’n feestelike atmosfeer het geheers.
Hoërskool Standerton het sekergemaak dat hul stalletjie met blomme teen die muur versier was.
Die onderskeie gemeentelede het fluks sake gedoen en besoekers kon kies wat om aan te smul.
Tafeltjies in die teetuin het inwoners genooi om eers te kom sit.
ALSO READ: Prokureur groet Secunda
ALSO READ: Ontvoerde sakekman van Bronkhorstspruit is veilig tuis
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








