Local newsStreeknuus

Skool maak unieke gordyne vir Cullinan Rugbyklub

Uitkoms Akademie se leerders het die hand- en voet-afdrukke in helder kleure op die lap aangebring.

Uitkoms Akademie en die Cullinan Rugbyklubkommitee het onlangs die klub se badkamers opgeknap met unieke handgemaakte gordyne wat deur die leerders van Uitkoms Akademie in Cullinan gemaak is.

Die projek, gelei deur Johannes Bekker, raadslid van Wyk 100, is van stapel gestuur na inwoners en besoekers by die Cullinan Rugbyklub oor die toestand van die badkamers gekla het.

Hoewel die badkamers netjies was volgens Bekker, was dit onvolledig sonder gordyne en dit het aanleiding gegee tot die projek.

Uitkoms Akademie se leerders en onderwysers het hierdie uitdaging aangepak.

“Verskeie rolspelers en ouers het gehelp om die nuwe badkamergordyne vir die Cullinan Rugbyklub af te handel,” het vertel Bekker. Die projek is deel van die klub se 115-jarige bestaansviering.

Die vrolike gordyne het ook ‘n dieper boodskap.

Uitkoms Akademie se leerders het die hand- en voet-afdrukke in helder kleure op die lap van die gordyn gemaak.

“Ons almal streef daarna om ‘n nalatenskap agter te laat,” het Bekker gesê.

“Die gordyne is geskenk en geborg deur inwoners wat jare lank ‘n impak gemaak het in die Cullinan-omgewing.

“Die helder kleure verpersoonlik die uniekheid van ons inwoners en die hande en voete verteenwoordig die persoonlike bydrae van die generasie wat bereid is om saam met Cullinan te groei,” het hy verder vertel.

Wat is die volgende projek in die pyplyn?

“Die rugbyklub se aantrekkamers gaan opgegradeer word sodat die spelers met trots kan uitdraf, is die volgende projek wat aangepak gaan word na die suksesvolle voltooiing van die nuwe badkamergordyne,” spog Bekker.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button