Oom Jannes van Niekerk van Standerton oorlede
Hy het vir ’n geruime tyd as voorsitter van die uitvoerende komitee gedien waar sy leierseienskappe na vore gekom het.
Jannes van Niekerk is op 3 Mei op 94-jarige-ouderdom in die sorgsentrum van die Kosmos Aftreeoord opgeneem nadat hy tuis geval het.
Sy verbyf was egter van korte duur want hy is op 8 Mei, slegs vyf dae na sy opname, oorlede.
Volgens die ouetehuis, sal die meeste inwoners hom onthou as die kommandant van Standerton-kommando, asook ’n baie veelsydige boer.
Hy het vir ’n geruime tyd as voorsitter van die tehuis se uitvoerende komitee gedien waar sy leierseienskappe na vore gekom het.
Rita Cilliers, destydse bestuurder by die ouetehuis, onthou hom vir sy vlymskerp intellek, knap besigheidsin en medemenslikheid.
“Hy was beginselvas en ’n wonderlike mentor vir my,” het sy gesê.
Die roudiens het op 15 Mei om 11:00 in die NG Kerk Wes-gemeente.



