Local news

Begin solank hekel vir ’n goeie doel

Blokkies van 20cm x 20cm kan tuis gehekel word waarna 36 blokkies vasgewerk sal word vir ’n kombers.

’n Hekelmarathon met die winter wat naderkruip, word vir 26 en 27 Mei op Standerton en Secunda beplan.

Die ATKV bied hierdie landwye kompetisie aan waar donasies verwelkom sal word, hetsy ‘double knit’-wol, nr. 4 naalde, kontant of die borg van ’n ouma.

Blokkies van 20cm x 20cm kan tuis gehekel word waarna 36 blokkies vasgewerk sal word vir ’n kombers.

Die komberse sal versprei word.

Deelnemers op Secunda kan by Rothmanstraat 19 byeenkom en met Rienie Dittrich by 076 998 6983 in verbinding tree.


ALSO CHECK: ATKV op Secunda vereer mense wat ’n verskil maak


Sy het bygevoeg dat klaar-gehekelde blokkies ook na Rothmannstraat 19 geneem kan word.

“Ons gaan op Saterdag, 27 Mei, na afloop van marathon, die blokkies per kourier pos.”

Standerton se venue is nog nie bepaal nie, maar tree in verbinding met Caren Viljoen by 082 702 0342.

Die adres sal so gou moontlik gepubliseer word.

Die marathon sal oor 30 ure strek.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button