Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan Rugbyklub begin liga op lae noot

Die eerste- en tweedespanne moes die knie vir die Silwer Valke buig.

Cullinan Rugbyklub het die afgelope naweek hul eerste liga-wedstryde teen die Silwer Valke gespeel en verloor.

Die tweedespan het 0-17 verloor teen ‘n baie goeie Valke-span, terwyl die eerste span met ‘n telling van 3-50 deur ‘n uitstekende Valke-span geklop is.

“Dit is natuurlik nie die begin wat ons gehoop het nie, maar dit het ons ‘n idee gegee van die uitdagings wat ons in die hoër liga sal teëkom.

“Almal stem saam dat ons net nog harder moet werk om die begin stadium om te draai,” het afrigter André van der Merwe gesê.

Komende naweek speel Cullinan tuis teen Stanza.


ALSO CHECK: Skool maak unieke gordyne vir Cullinan Rugbyklub




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button