Protea Cullifest 2023 is hier
Maak gereed vir 'n naweek vol smaak, klank en pret op die jaarlikse Protea Cullifest
Die hekke sal vir die Protea Cullifest op 27 en 28 Mei om 08:30 beide dae oopgemaak word by die NG Kerk Premiermyn Feesterrein, Plot 12, Zonderwaterweg, Cullinan.
Hoewel daar kaartjies by die hekke beskikbaar is, word dit aanbeveel dat besoekers kaartjies aanlyn by iTickets.co.za koop om lang rye te vermy.
Die meeste stalletjies bied kaartbetalings aan, maar dit sal nuttig wees om kontant te hê vir diegene sonder kaartfasiliteite.
Produkte wat te koop sal wees sluit handgemaakte produkte in soos kinderspeelgoed, klere, binnehuisversiering, en allerlei produkte vir die huis, tuin, kampeer en meer.
Tuisgemaakte ingelegde konfyt, piekels en vooraf verpakte produkte sal ook beskikbaar wees. Daar sal ook stalletjies wees wat spookasem, springmielies, en ‘slush puppy’ te koop sal hê.
Water en koeldrank sal deur die NG Kerk Premiermyn verkoop word en die kerk sal ook die biertuin en wyntuin bedryf.
Feesgangers kan voorberei vir ’n asemrowende lys van kunstenaars wat by die fees gaan optree.
Die program is:
27 Mei:
-10:15 Janie Bay
-11:15 Ruan-Josh
-12:30 Adam
-13:45 Franja
-15:00 Ruhan du Toit
-16:15 Appel
-28 Mei:
-10:00 Sharoney
-11:15 Piet Smit
-12:30 Leah
-13:45 Nicholis Louw
-15:00 Fatman
Daar sal spesiale parkeerplek vir rolstoelle in Zonderwaterweg wees en die feesterrein het ‘n gelyke grasoppervlakte.
Lesers kan WhatsApp 060 435 4965 of epos na info@cullifest.co.za vir meer inligting.








