Local newsLocal sport

Standerton Trapklub hou prysuitdeling en beloon presteerders

Nadia Stückler is in die vroue-afdeling die padfietsryer van die jaar, asook fietsryer van die jaar en het ook ’n nuwe trofee ontvang waar erkenning gegee is vir haar deelname aan die Mpumalanga Classics (eerste), Cape Town Cycle Tour (agtste en tweede in haar ouderdomsgroep) en Emperors Palace Classics (eerste).

Standerton Trapklub het onlangs hul prysuitdeling by die Standerton Buiteklub aangebied waar presteerders trofees ontvang het.

Nadia Stückler is in die vroue-afdeling die padfietsryer van die jaar, asook fietsryer van die jaar aangewy. Sy het ook ’n nuwe trofee ontvang waar erkenning gegee is vir haar deelname aan die Mpumalanga Classics (eerste),

Cape Town Cycle Tour (agtste en tweede in haar ouderdomsgroep) en Emperors Palace Classics (eerste).
Jan Lombard het die 94.7 fietsren al 21 keer voltooi het ’n trofee ontvang.


Monica en Pieter Swart het in die meestersafdeling van Standerton Trapklub presteer.

Marius van Wyk en Brendan Archer is in die mansafdeling die padfietsryers van die jaar vereer.

Monica Swart en Pieter Swart is onderskeidelik die mansmeester- en vrouemeester fietsryer van die jaar aangewys. Francois Streicher is as klublid van die jaar aangewys.

Die sub-nipper fietsryers van die jaar is Mikayla Havenaar en Martin Havenaar, met Liamy van den Berg en Natha Greyling wat aangewys is as nipper-fietsryers van die jaar.


Nadia Stückler het verskeie toekennings by Standerton Trapklub se prysuitdeling ontvang.

Altus Schabort is die sprog-fietsryer van die jaar en Elma Ridley en Dewald Schabort is aangewys as sub-juniorfietsryers van die jaar.

Die junior MTB-fietsryers van die jaar se trofee word deur Ludriaan Meyer en John-James Sauer gedeel, met John-James wat algehele junior fietsryer van die jaar is.

Stückler het ook in die vroue-afdeling van die MTB met die louere weggestap.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button