Local news
VLU-vroue van Standerton probeer elke keer iets nuuts
Taklede het oudergewoonte iets spesiaal saamgebring wat in dié geval skoene met ’n versiering was, asook handgemaakte juwele.

Die VLU se Kaalspruit-tak het op 16 Mei hul maandelikse vergadering by die saal van die Hervormde Kerk gehou.
Taklede het oudergewoonte iets spesiaal saamgebring wat in dié geval skoene met ’n versiering was, asook handgemaakte juwele.
Marietjie Swart, voorsitter het die vergadering gelei en sake op die agenda is afgehandel.
Benewens gaste wat teenwoordig was, het Gerda Büter, streeksvoorsitter, ook die vergadering bygewoon.
Die kunstenaar, Elmarie Robin, het die vroue toegespreek.
Marinda Visser was die gasvrou. ’n Kuier-en kletsoggend vind op 31 Mei op Devon plaas. Kaalspruiters vergader weer op 20 Junie.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



