Local newsStreeknuus

Dankgebede in Bronkhorstspruit omdat Juca leef

Leonardo se familie het die byeenkoms as "wonderlik" beskryf en het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank.

Bronkhorstspruit se gemeenskap het op 19 Mei voor die Pick n Pay sentrum op die dorp saamgedrom om die Here vir die veilige terugkeer van Juca Leonardo (55) te loof.

Voertuie het dié aand tougestaan om in ’n alreeds vol parkeerterrein ’n moontlike spasie te kry.

Menige inwoners het die ysige weer trotseer. Talle het hande omhoog gelig terwyl gebede van dank gesê en geeslike liedere gesing is.

’n Gees van samehorigheid en dankbaarheid was hier tasbaar. Almal was dankbaar dat Leonardo, die eienaar van die Pick n Pay, se lewe gespaar is ná hy op 13 April voor die winkel ontvoer is.

In die 22 dae waartydens Leonardo gyselaar gehou is, het ’n taakspan van onder meer die polisie en veiligheidsdienste onverpoosd gewerk om sy vrylating te verseker.

Konstabel Munyadziwa Cathrine Ramovha, woordvoerder vir die Bronkhorstspruit polisie het op 6 Mei bevestig dat Leonardo met sy gesin herenig is.

Sy het vandeesweek gesê die ondersoek is steeds aan die gang om die ontvoerders vas te trek.

Leonardo was tot dusver nog stil oor sy ontberinge, maar die familie het Maandag hul stilswye verbreek om die gemeenskap vir hul ondersteuning en gebede te bedank.

Hulle het die Vrydagaand se dankseggingsbyeenkoms as ’n wonderlike gebeurtenis beskryf.


Toeskouers sing lofliedere tot eer van God.
Mense hou hul hande omhoog in dankbaarheid dat Juca Leonardo veilig is.
Inwoners drom saam in die Pick n Pay se parkeerterrein om saam te bid en geestelike liedere te sing.
Talle dankbetoners hou hul hande omhoog terwyl daar lofliedere gesing word.
Voertuie by dosyne om Juca Leonardo se terugkeer te loof.
Pick n Pay se parkeergebied is vol mense wat lofliedere sing om die Here vir Juca Leonardo se vrylating te bedank.
Juca Leonardo, sakeman van Bronkhorstspruit.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button