Local newsStreeknuus

Jenewermaker van Bronkhorstspruit sterf

Phillip Peach was die skepper van die Groen Monster en Pers Duiwel wat hy uit waterhiasinte gestook het.

Phillip Peach, die man wat bekendheid verwerf het vir sy tuisgemaakte jenewer (gin) wat hy uit waterhiasinte gestook het, is op 15 Mei oorlede.

‘n Vriendin en inwoner van Kungwini Ranch Estate by die Bronkhorstspruitdam, Ronèl Walters, het huldebleike aan Peach gebring.

“Phillip was ’n mense-mens wat altyd oorgeloop het van omgee. Hy het onvoorwaardelik gegee.

“Hy was altyd bereid om te help en ’n gebore entrepreneur. Sy plek in ons gemeenskap is leeg, maar ons sal hom altyd onthou.”

Paddy Waller, die direkteur van die Bronkhorstspruit Catchment Management Forum (BCMF) het gesê hoewel hy Peach nie lank geken het nie, het sy entoesiasme en dryfkrag om bewustheid onder die inwoners oor die indringerprobleem van die hiasinte te skep, ’n indruk gelos.

“Ons het meer van hom nodig.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button