Landsdieners help om waterhiasinte uit Secunda Eendedam te haal
Rhodes Universiteit stuur gereeld goggas om in die dam vry te laat.
Laerskool Secunda se landsdiensleerders het in April meer geleer oor waterhiasinte wat volop was in die Eendedam en hulle het ook gehelp om dié indringerplant te verwyder.
Jacques Coetzee het die leerders meer vertel van die plant en die biologiese beheer wat die nie-winsgewende organisasie, EnviroQuest NPC toepas.
Ian Erasmus het die kinders vertel van die goggas (Megamelus) wat hy vrylaat sedert November verlede jaar om te help om die waterhiasinte te beheer.
Rhodes Universiteit stuur elke twee weke goggas vir Erasmus om in die Eendedam vry te laat.
“Daar is al meer as 32 000 van die Megamelus-goggas by die Hamerkopdam en Eendedammetjie vrygelaat,” het Erasmus gesê.
Die span van EnviroQuest het die gemeenskap asook JVS Scaffolding, Ricky B Transport and Plant Hire, Roos & Rosslee, Digital Marketing Solutions Play Pause Design, Lake Umuzi Waterfront, Gillepsie Construction, Zan-Con Plumbing, Imvubu Earthworks-Construction & Plant Hire, SDH Developments, Bag Buster, Ilifa Africa Engineers, Vice Versa Transport, Gif Appel, Onza, Antimatter Industries en Secunda Steamers vir hul ondersteuning bedank.




