Local newsStreeknuus

Laerskool Delmas deel in die verfraaiing van Delmas

Vir die leerders en onderwysers wat deel was van die projek, was dit groot pret en was die voorheen vaal mure, gou omtower in ’n skouspel van kleur.

Laerskool Delmas het deel geword van die projek om Delmas ’n skoner en meer kleurvolle baadjie aan te trek.

Leerders, onder leiding van vrywilligers vanuit die Delmas Herleef-groep, het op 12 Mei met passie kunstig geraak teen die mure op die hoek van Van der Waltstraat en Samuelweg.

Vir die leerders en onderwysers wat deel was van die projek, was dit groot pret en die voorheen vaal mure was gou omgetower in ’n skouspel van kleur.


Leerders en onderwysers van Laerskool Delmas kleur die dorp in.

Die leerders en onderwysers was boonop, na afloop van die projek, deur die Tow Tomahawks Spur op Delmas met eetgoed en drinkgoed beloon.

Groot opgewondenheid heers in Delmas en verskeie organisasies, besighede en individue sit skouer aan wiel om Delmas in sy glorie te herstel.

Dit volg nadat die groep, Delmas Herleef, ongeveer drie jaar gelede begin het om deur projekte van Delmas ’n beter en skoner blyplek vir almal te maak.


’n Miernes van bedrywighede tydens Laerskool Delmas se verfprojek.

Dié inisiatief het inwoners van Kroonstad genoop om Delmas as dorp van die Jaar vir 2023 te benoem. In Mpumalanga ding Delmas tans mee teen Witrivier en Lydenburg om ’n plek in die finaal (Streeknuus, 5 Mei).

“Laerskool Delmas se personeel en leiers ondersteun die mooimaak van Delmas en wou ook graag ’n bydrae lewer.

“Ons het Delmas Herleef gekontak en so is die projek van die kleurvolle verf van die mure aan ons toegeken,” het Debbie Matthysen, onderwyser van Laerskool Delmas, Streeknuus meegedeel.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button