Graad 11-leerder beplan ‘n dipdag op Standerton
Sy benodig die gemeenskap se hulp en enige borge van kontant, hondekos, katkos, dipbaddens, halsbande en so meer sal waardeer word.
Amelia Bothma, ‘n voormalige inwoner wat nou op Upington woon, beplan ‘n dipdag vir die Standerton gemeenskap.
Sy is deel van Upington se Animal Welfare Society waar diere in hul gemeenskap gehelp word.
Amelia beplan om gedurende die vakansie die dorp te besoek.
Honde en katte sal teen bosluise gedip word, ontwurm word en kos uitgedeel word.

Sy benodig die gemeenskap se hulp en borge van kontant, hondekos, katkos, dipbaddens, halsbande en meer sal waardeer word.
Besoek die Facebookblad van Upington Animal Welfare Society vir meer inligting. Amelia is ook ‘n raadslid van dié vereniging op Upington.
Die datum vir die dipdag is nog nie vasgestel nie. Dié Graad 11-leerder wil graag eendag by die polisie se honde-eenheid aansluit.
Skakel 061 426 5266 om by die projek op Standerton betrokke te raak.








