Dr Leon Pelser neem Hoëveld Fotografieklub se beste foto vir Mei
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Junie by te woon.
Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het by die 5 Mei vergadwering hul beste fotos vir die maand ingeskryf.
Dr Leon Pelser het weggeloop as die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto, An Apple a Day van ’n gorilla wat ’n appel eet.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was portrette van diere. Die beoordelaar vir die aand was Peter Cavanagh.

Pelser het ook uitgeblink in die ander foto-afdelings en sertifikate van meriete ontvang vir Black Mamba in die natuurafdeling en Nobody Should Die Alone in die pikturale afdeling.
Peter Winnan was die beste senior fotograaf en het dié afdeling gewen met One Inquisitive Cat.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto gekry asook vir JV Cheetah Running en Lion in First Light Breaking Through Grass, beide in die natuurafdeling.

Louis van der Walt was die beste junior fotograaf wat dié afdeling gewen met Garden Castle Rocky River. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir SunBird 4 in die natuurafdeling.
Ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is Hanno de Beer vir sy fotos Stoute Klein Apie in die monochroom afdeling en Handoff Before Try Time en Old Man Rocking a Kite, beide in die fotojoernalistieke afdeling; Hanlie de Beer vir Grooming my Brother in die natuurafdeling, Scouting from the Tree in die natuurvoëlsafdeling en Die Olifant in die voorgeskrewe onderwerpafdeling; Anzette Snyders vir Spookvoël en Score, beide in die natuurvoëlsafdeling, Long Stories in die fotojoernalistieke afdeling en Wild Cucumber in die pikturale afdeling; James Harris vir Milking the Great Gaboon in die fotojoernalistieke afdeling, Scelet Snake en Blom 001, beide in die pikturale afdeling; Barbara Mitton vir Little Brown Job in die natuurvoëlsafdeling en Leopard Drool in die voorgeskrewe onderwerpafdeling; Sussa Pelser vir Love the Wind in my Hair in die pikturale afdedling, Beautiful Clouds Scenery in die landskapafdeling en Ginger in die voorgeskrewe onderwerpafdeling; en Lorraine Botha Orchid Petals in die pikturale afdeling en Black Pearl in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 2 Junie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub en die voorgeskrewe onderwerp vir Junie is Herfs.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.









