Local newsStreeknuus

Jong man beseer tydens ongeluk op N12 naby Delmas

Die jong man het hom skynbaar met die stadige spoed waarteen die groter vragmotor gery het, misgis, uitgeswaai en die steenkool vragmotor skrams getref.

’n Jong inwoner van Witbank is tydens ’n ongeluk tussen twee vragmotors op die N12, rigting Witbank, net buite Delmas beseer.

Die ongeluk het op 25 Mei omstreeks 13:15 plaasgevind.

Volgens bronne op die toneel het die jong man wat die bestuurder van ’n platbak-insleepvoertuig met ’n bakkie agterop was, van agter teen ’n steenkoolvragmotor gebots.

Die jong man het hom skynbaar met die stadige spoed waarteen die groter vragmotor gery het, misgis, uitgeswaai en die steenkool vragmotor skrams getref.

Met ’n brug aan sy regterkant het hy na alle waarskynlikheid uitgeswaai waarna die platbakvoertuig gerol en op sy sy aan die kant van die N12 te lande gekom het.


ALSO CHECK: Waterval Forum bemoans the poor state of pump stations in GMM


In die proses is die bakkie wat vervoer was, se kap afgeruk.

Die jong man was op die toneel deur sy ouers ondersteun in afwagting op ’n privaat ambulans.

’n Staatsambulans het op die toneel gestop en bygestaan om die beseerde bestuurder te stabiliseer.

Dit het gou geblyk dat dié ambulans wel na Witbank op pad was met slegs een sittende pasiënt en het aangebied om die beseerde man na die Life Cosmos Hospitaal op Emalahleni (Witbank) te vervoer.

Die bestuurder van die steenkool vragmotor het ongedeerd van die ongeluk afgekom. Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button