Delmas se Phoenix Rugbyklub smaak nog ’n oorwinning
Phoenix het op 27 Mei teen die span van die Tsakane Rugbyklub in Springs te staan gekom en hulle met 69-24 geklop.
Met ’n vorige groot oorwinning teen Thembisa, het die Phoenix-span van Delmas die afgelope naweek weer so gemaak.
Phoenix het op 27 Mei teen die span van die Tsakane Rugbyklub in Springs te staan gekom en hulle met 69-24 geklop.
Ná afloop van die wedstryd is Jaco Els en Franna Blignaut as die spelers van die wedstryd aangewys.
“Ons het weer eens ’n goeie wedstryd gehad en voel positief oor die wedstryde wat in die Valke liga voorlê,” het Jandré Senekal, afrigter van die Phoenix-span gesê.
Die span neem die naweek van 3 Junie ’n blaaskans waarna hul weer op 10 Junie in die tweede wedstryd van die tweede rondte van die Valke-liga teen die Katlehong Tigers Rugby Club te staan sal kom.
LEES OOK: Dié Morgenson-spelers het hul oog op Laeveld-titel
LEES OOK: Nortjé en Van den Hoven wen kompetisie by Standerton Buiteklub