Bronkies-vroue is deel van hekelmarathon
Die VLU se Kroonblaar tak het ook aan die hekel marathon deelgeneem.
Lede van die VLU se Kroonblaar-tak op Bronkhorstspruit se vingers het gefluit soos daar aan kleurvolle blokkies vir die ATKV se hekelmarathon gewerk is.
Dié landwye marathon het op 26 en 27 Mei plaasgevind en die plaaslike vroue het nie teleurgestel nie.
Hulle het in die Goudpark Saal, op die hoek van Eerstelaan en Goudstraat, ingeskakel.
Altesaam is daar landywyd meer as 70 800 blokkies gehekel wat in komberse aanmekaar gewerk sal word.
Volgens Annatjie Lindsay van die Kroonblaar-tak is hul lede nog nie uitgehekel nie en het hulle die Sondag tydens
’n braai om die tak se vyfde verjaardag te vier, verder gehekel. Al dié blokkies sal na ’n sentrale punt gestuur word.






