Rakkers Kleuterskool hou eerste oueraand
Die oueraand en Barbarians for Christ se besoek aan Rakkers was in die kraal vir die kleuterskool se April tema van geestelike verryking vir hul kleuters.
Die kinders van Rakkers Kleuterskool op Delmas se ouers kon vir die eerste keer gaan ’n ware oueraand meemaak.
Rakkers het hierdie eerste oueraand in April gehou waar die klem was op elke kleuter se uniekheid en eie potensiaal.
Die hoogtepunt van die aand se gebeure was die Barbarians for Christ se besoek.
“Hulle getuienislewering, woorde en aktiwiteite het met die kleuterlyfies se harte gepraat,” het Rakkers se hoof, Mariëtte van Eeden, gesê.
LEES OOK: Onderwysers is baanbrekers by Rakkers Kleuterskool op Delmas
“Elke kleuter maak vir ons saak en word deur hul ouers aan ons toevertrou.
“Daarom is dit belangrik dat die kleuterskool en ouerhuis op dieselfde bladsy is, met ‘prentjies’ wat dieselfde lyk,” het Van Eeden bygevoeg.
Die oueraand en Barbarians for Christ se besoek aan Rakkers was in die kraal vir die kleuterskool se April tema van geestelike verryking vir hul kleuters.
In Mei het alles om mamma bederf- en omgee gegaan en gedurende Junie sal hul op die beskerming van die Rakkers-kleuters onder die vaandel van kinderbeskermingsweek fokus.



