43 hengelaars vang 102 vis by Grootdraaidam op Standerton
Dougie Douglas het eerste in die meestersafdeling geëindig met nege vis van 6.000kg, terwyl Peet Erasmus tweede was met ses vis van 2.900kg en Pikkie Gleeson derde met drie vis van 1.920kg.
Tydens Meyerville Hengelklub kompetisie op 8 Julie het 43 hengelaars, wat agt besoekers ingesluit het, 102 vis by Grootdraaidam vasgekap.
Die vis het op 83.960kg ingeweeg. Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.
Dougie Douglas het eerste in die meestersafdeling geëindig met nege vis van 6.000kg, terwyl Peet Erasmus tweede was met ses vis van 2.900kg en Pikkie Gleeson derde met drie vis van 1.920kg.
Douglas het die vis van die dag inkatrol.
Graeme Douglas was onoorwonne in die seniorafdeling met nege vis van 9.900kg, gevolg deur Quintin Draper met sewe vis van 9.680kg en Richard Hills met vier vis van 6.100kg.
LEES OOK: 55 hengelaars weeg 171 vis by Grootdraaidam in
Hills het die vis van die aan wal gebring.
Charlice Victor het die vroue-afdeling gewen met ses vis van 6.520kg, gevolg deur Marianne Erasmus met vier vis van 1.680kg en Charmaine van Blerk met een vis van 0.380kg.
Victor het die vis van die dag gevang.
George Tereblanche het die juniorafdeling gewen met vier vis van 4.260kg, terwyl Ty Mortlock tweede was met drie vis van 1.920kg en Ruan van Zyl derde met een vis van 3.120kg.
Ruan het die vis van die dag ingeweeg. Liandrie Fourie het die penkopafdeling verower met twee vis van 1.700kg.



