Local news

Val Boeredag loop suksesvol af

Die jongste tegnologie met demonstrasies was bekendgestel, met trekkers en implemente strategies op die terrein opgestel. Uitstallers het ook van heinde en verre opgedaag om hul produkte te bemark.

Die plaat motors in die parkeerarea van die Val Boeredag op 5 Julie het boekdele gespreek oor die belangstelling vanuit die boeregemeenskap en landbougeesdriftiges.

Die Waterval Boerevereniging het dié dag gereël, wat terug dateer na Dick Kerslake se entoesiasme destyds om boere en die sakegemeenskap bymekaar te bring.

Die jongste tegnologie met demonstrasies was bekendgestel, met trekkers en implemente strategies op die terrein opgestel.

Uitstallers het ook van heinde en ver opgedaag om hul produkte te bemark. Dit was ook die geval verlede Woensdag. Kinders onder 12 kon gratis ingaan en ‘n groot aantal kinders was opvallend.


Die treintjie vleg gemaklik oor die feesterrein.

Treintjies het hul oor die terrein geneem, met sommige volwassenes wat ook kans vir die rit gesien het.
Kinders kon ook in die Plaasjapie Pretpark speel en baljaar.

Die verskeiemonstrasies het om 10:00 begin. ’n Ambulans is parkeer naby die ingang, die Suid-Afrikaanse Bloeddienste het ’n tent opgeslaan en teen 12:00 het 10 skenkers reeds bloed geskenk.

Afgri was die hoofborg, die goue borge Sonskyn Handel, Argo Tractors en Pioneer Saad en platinum borge Pannar en Bayer.

In die hooftent het die televisiepersoonlikheid, Hannes van Wyk, die gehoor toegespreek en vroue aangemoedig om nie hulself met ander te vergelyk nie. Glasies vonkelwyn kon gratis geniet word.


Die damesoggend by die hooftent is goed bygewoon.

Stalletjies het van alles en nog wat bevat en terwyl die boer sommetjies in sy kop gemaak het, het sy vrou haar verlustig in die verskeidenheid ware wat te koop aangebied is.

Die toilette was ook silwerskoon.

Kosmos Aftree-oord het pannekoek, jafels, koffie, kerrrie en rys en koeldrank in die groot tent verkoop en feesgangers kon moeë voete by die tafels laat rus.

Die gemeenskap van Standerton het kom hand bysit om sake vlot te laat verloop. Pannekoeke het behoorlik gevlieg vanuit die kombuis, waar met bestellings kop gehou moes word.


Celeb Lee Ellis, Stefan du Preez (agter) en Nehemian du Preez by die Val Boeredag.

Ander kosstalletjies het ook fluks sake gedoen. Rita Britz, eienaar van die Val Hotel, sê besprekings word ’n jaar vooruit gedoen.

Die vermaaklikheidsprogram het Pottie om 14:00, Jan Jan Jan om 16:00 en Jay en Lianie May om 18:00 ingesluit.

Ou bekendes het mekaar op die terrein raakgeloop en op tipies plattelandse styl, is na die familie se welstand verneem.

Die komitee het die dag as ’n sukses beskryf.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button