AfriForum en LCUC werk saam om Standerton skoon te kry
Lede van Lekwa Clean Up Crew het die duikweg skoongemaak, asook slaggate met doleriet opgevul.
AfriForum se Standerton-tak het gedurende Junie in samewerking met Lekwa Clean Up Crew (LCUC) verskeie skoonmaakprojekte aangepak.
Volgens hul onlangse persverklaring, het hulle eerste op die Bethal-Morgenzon-pad (R39) voor die Junxion-winkelsentrum ingang gefokus. Lede van LCUC het die duikweg skoongemaak, asook slaggate met doleriet opgevul.
“Dié pad is bekend vir gevaarlike slaggate waarvoor motoriste noodgedwonge moet uitswaai,” het AfriForum gesê.
“Groot hoeveelhede grond was verwyder omdat die duikweg jare gelede laas skoongemaak is.
“Die gras oorkant die winkelsentrum in Beyers Naudéstraat is gesny, terwyl die omliggende omgewing ook opgeruim is.
“Hierdie gebied is een van die hoofingange na ons dorp en daarom het ons besluit om op hier te fokus en skoon te maak,” het Leon Enslin, AfriForum Standerton-takvoorsitter gesê.
LEES OOK: Kosmos Aftree-oord neem afskeid van dr. Lyons en matrone
“Ons dorp is tans baie vuil en in ’n slegte toestand, maar ons sal aanhou werskaf en ’n verskil maak.”
Die skoonmaakprojek is by die Voetspore Monument afgesluit.
Die tak versorg al ’n geruime tyd dié monument deur gereeld die gras te sny en die omliggende gebied skoon te maak sodat dit vir die publiek veilig is om die monument te besoek.
Op ’n WhatsAppgroep is die volgende, afkomstig van die LCUC se finansiële beampte, bekendgemaak.
Die totale inkomste is R30 000.00 per maand vanaf 14 ondernemings. In een jaar is 34 888 se swart sakke volgemaak met Lekwa vullis.
In die afgelope twee jaar is R14 000 per maand verbeur weens ondernemings wat van eienaar verwissel of toegemaak het.
Sowel Enslin as Ferdie Weyers het hul waardering teenoor Lekwa Clean Up Crew uitgespreek.
Die bank besonderhede is:
-Bank: Standard Bank
-Naam: Lekwa Clean Up Crew
-Rekeningnommer: 136697321
-Taknommer: 052943



