AfriForum soek antwoorde vanaf GMM en Rand Water
Bethal-inwoners staar waterprobleme in die gesig.

AfriForum het op 7 Julie ’n brief aan Rand Water gestuur waarin hulle antwoorde eis oor die voortdurende waterkrisis op Bethal.
Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar moontlik probleme is met watervoorsiening nadat inwoners van die hoogliggende gebiede in die Govan Mbeki munisipale gebied en die Victor Khanye munisipale gebied sonder water gelaat is.
“AfriForum eis redes vir dié wateronderbrekings en wil ook vasstel of Rand Water die waterdruk verlaag het weens wan-administrasie van dié twee munisipaliteite,” het Bekker gesê.
ALSO CHECK: Water level at Grootdraai Dam in Standerton drop to 94.5%
AfriForum het reeds in Mei ’n hofgeding teen Rand Water gewen en dié hofuitspraak het bepaal dat Rand Water nie die waterdruk weens wanbetaling mag verlaag nie.
Bekker het gesê hulle het nog geen antwoorde vanaf hierdie twee munisipaliteite ontvang vir redes vir die droë krane nie, maar hulle het egter wel aangedui dat die entiteit wat verantwoordelik is om water aan die munisipaliteit te lewer met tye staak.
“Ons sal nie huiwer om dié saak verder te vat nie. Rand Water verkies eerder om te swyg as om met die waarheid uit te kom. “Dít is uiters onregverdig dat onskuldige mense onder hul wanadministrasie ly,” het Bekker gesê.



