Nel en Pretorius hou Standerton se naam hoog
Lanie Nel is ’n goue medalje ryker en Louise Pretorius het die vroue veteraanafdeling gewen.
Twee Standerton Rolbalklub spelers het die vaandel met grasie gedra by die onlangse Mpumalanga-Wes meesterstoernooi op Ermelo.
Lanie Nel is ’n goue medalje ryker en Louise Pretorius het die vroue veteraanafdeling gewen. Hulle is ook in besit van die Mpumalanga gemengde pare trofee wat in Februarie beslis is.
Retha Grobbelaar het eerste in die vroue ope-afdeling geëindig, gevolg deur Monica Gilbert en Wilma Grech.
Joey Kriel was tweede in die vroue veteraanafdeling en Katinka Erasmus derde.
Gavin Schoobert was onoorwonne by die mans veteraanafdeling, gevolg deur Michael Grech en Hanno Kapp.
Micus Grech was tweede in die mans se ope-afdeling en Riaan Harris derde.
Mpumalanga se meesterstoernooi vind op 22 en 23 Julie in Mbombela (Nelspruit) plaas, waar die top drie spelers van Mpumalanga-Wes- en top drie van die Laeveld-streek in die ope- en veteraanafdeling gaan meeding.






