Local newsStreeknuus

Bibberkoue keer nie Delmas se ysbeer-swemmers nie

Dié geleentheid is dan ook beslis nie vir die liggelowige nie, want die water was bibberkoud.

Met die oggend temperatuur wat so net-net aan 5ºC raak en met geen son in sig nie, het Delmas se jaarlikse ysbeer-swem weer op 15 Julie plaasgevind.

Die manne het die water van, wat in die plaaslike mond as Rossouw-se-dam bekend staan, aangepak.

Klappertand het doktor Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk op Delmas aan die toeskouers verduidelik dat die aksie uitgevoer en onderneem word as danksegging.

“Ons onderneem jaarliks hierdie ysbeer-swem. Daartydens betuig ons dank vir die goeie opbrengs wat ons tydens ons gemeente se jaarlikse Voetspoorfees geïn het,” het Van Rensburg gesê.


Pastoor Gert van der Mescht soek die hitte van die vuur op.

Dié geleentheid is dan ook beslis nie vir die liggelowige nie, want die water was bibberkoud. Die sewe brawe swemmers het egter, met die hulp van die toeskouers se aanmoediging, vasgebyt en hoewel, effe blou van die koue, veilig aan die anderkant uitgekom.

Groot vure het aan die dam se wal gewag en nadat die manne droog aangetrek het, was daar heerlik oor ’n warm beker koffie en worsrol om die vuur gekuier.

“Tot volgende jaar,” het die sewe ysbeer-swemmers mekaar gegroet.





Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button