Local news

Secunda VLU-tak stig aandtak

Werkende vroue is welkom om Skemerkelkie se volgende vergadering by te woon.

Die Secunda VLU-tak het op 15 Julie ’n aandtak gestig vir werkende vroue.

Dié tak se naam is Skemerkelkie.

Gerda Büter, die VLU streeksvoorsitter, het ook die stigtingsvergadering bygewoon en die verkiesing van die bestuur waargeneem.

Sophie Hugo is die voorsitter van die aandtak terwyl Alma Bosman die onder-voorsitter en skakelbeampte is en Jo Vani van Brakel die tesourier, Tieneke Goodwin die sameroeper en Lila Oberholzer sekretaresse.

Die Skemerkelkie VLU-tak vergader weer op 10 Augustus om 18:00 in Die Rots saal by die NG Kerk Goedehoop/Secunda-Oos-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Sophie Hugo by 083 701 9709 of Rosa Black by 082 586 9638.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button