Local newsStreeknuus

Delmas VLU-tak deel lief en leed en maak insteekpantoffels

Die datum vir die 2023 se kongres is vir 2 en 3 Augustus bevestig en daartydens sal al ses streke vanuit Mpumalanga vir die jaarlikse vergadering byeenkom. Die gasheer vir vanjaar se vergadering is Secunda.

Vroue van die Vroue Landbou-Unie (VLU) se tak op Delmas het weer oudergewoonte hul maandvergadering in die Hervormde Kerk se saal gehou.

Lief en leed was op 18 Julie gedeel. Die vroue het inligting geruil oor vakansies in Namibië en Botswana, troues wat gehou is en beplande troues, Bruid van die Jaar-kompetisie, kleinkinders wat graag wil gaan studeer en in lyn staan vir keuring en vele meer.

Daar moes egter ook met leedwese kennis geneem word van ’n eggenoot wat in die hospitaal is en die begrafnis van ’n familielid in die Kaap.

Op ’n vroliker noot het ’n ma gedeel dat haar dogter uiteindelik haar eie voertuig aangeskaf het en nou uit haar hare is.

Die voorsitter, Marié Terblanche het leiding geneem tydens die bespreking van taksake, waarna daar op die streek gekonsentreer is.


Belinda Duvenhage ooorhandig ’n verjaarsdaggeskenk aan Marié Terblanche.

Die Delmas-tak val saam met die onderskeie takke van Witbank, onder die Carpe Diem-streek.

“Carpe Diem het jaarliks ’n streekprojek en vanjaar is dit ’n nooduitreik-projek,” het Magriet Swart, die skakelbeampte van die Delmas-tak laat hoor.

“Delmas se taklede het dit goed gedink om aan die bewaarhuis vir babas op Delmas kombersies te oorhandig”

Die datum vir die 2023 se kongres is vir 2 en 3 Augustus bevestig en daartydens sal al ses streke vanuit Mpumalanga vir die jaarlikse vergadering byeenkom.

Die gasheer vir vanjaar se vergadering is Secunda.


LEES OOK: Dr Leon Pelser neem weer eens beste foto by Hoëveld Fotografieklub


Met die formaliteite afgehandel kon die vroue hul naaimasjiene uitpak. Belinda Duvenhage het die maak van insteekpantoffels uit materiaal gedemonstreer.

“Ons lede het dit baie geniet en daar was sommer gou planne beraam om van die kleinkinders hiermee te bederf,” het Swart ook gesê.

Volgens Swart was dit weer eens ’n vergadering vol van interessanthede en het die lede voldaan huiswaarts gekeer.

Die VLU se Delmas-tak nooi weer belangstellende vroue om aan te sluit of net saam te kom kuier gedurende vergaderings.

“Kom vergewis jouself waaroor die VLU gaan of skakel vir Marié Terblanche by 083 968 2203 om meer uit te vind.”




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button