Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan klop die Buffels

Cullinan se tweede span het oor die Buffels geloop en die wedstryd oorheers. Die eindtelling was 86–0 in die Cullies se guns.

Cullinan Rugbyklub het op 29 Julie teen die Buffels in ’n tuiswedstryd van die Blue Bulls Rugby Unie gespeel.

Die Buffels se eerste span het verbeur en Cullinan is dus outomaties die wenners.

Cullinan se tweede span het oor die Buffels geloop en die wedstryd oorheers. Die eindtelling was 86–0 in die Cullies se guns.

Rick Watkins, Wynand Visser, Markus van Loggerenberg, Tersius Koekemoer, Steven van Zyl, Marcel Logan, Musa Makamo en Jaco Beneke was Cullinan se puntemakers.

Watkins en Morné van der Westhuizen het pale toe geskop vir die tweede span. Die tweede span is nou bo-aan die liga.


ALSO READ: Sterk wind kry gholfers op Standerton nie onder nie

ALSO READ: Sasol Grip & Rip Rugbyklub van Secunda boender Witrivier uit liga




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button