Local newsLocal sportStreeknuus

Phoenix rugbyklub dring deur na eindstryd in die Valke liga

Dié eindwedstryd word op 5 Augustus by die Barnard Stadion op Kemptonpark voltrek. Die spanne skop om 12:00 af.

Delmas se Phoenix Rugbyklub het met oorgawe teen die span van Oos-Rand Polisie (ORP) gespeel en die westryd gewen.

Hierdie halfeindstryd in die Valke liga reeks het op 29 Julie op Phoenix se tuisveld op Sundra plaasgevind.

Klipharde rugby was gespeel en met die blaas van die eindfluitjie was die telling 48-39 in Phoenix se guns.

“Dit was weer eens ’n harde wedstryd. Daar was ongelukkig ook ’n paar beserings, maar ons is trots op ons span,” het Phoenix se afrigter, Jandré Senekal na afloop van die wedstryd gesê.

Phoenix het hul spelers van die wedstryd as Derek Beeslaar, beter bekend as Slot in Delmas-rugbykringe, en Francois Blignaut aangekondig.

In die ander halfeindstryd het die spanne van Heidelberg en Vanderbijlpark teen mekaar te staan gekom. Heidelberg het as die wenner uit die stryd getree.

Phoenix se oorwinning in die halfeindstryd teen ORP beteken dat hulle teen die span van Heidelberg in die eindstryd van die Valke rugbyliga te staan sal kom.

Dié eindwedstryd word op 5 Augustus by die Barnard Stadion op Kemptonpark voltrek. Die spanne skop om 12:00 af.

“Ons is positief en hoop om die beker vir Valke liga van 2023 huis toe te bring,” het Senekal afgesluit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button