Local news
Secunda VLU-vroue geniet uitstappie
Belangstellendes is welkom om VLU-tak se volgende vergadering in Augustus by te woon.
Lede van die Secunda VLU-tak was op 19 Julie op ’n uitstappie na Spinnerin, ’n borduurwinkel in Benoni waar hulle items wat meestal nie plaaslike beskikbaar is nie, kon koop.
Dié VLU-tak vergader weer op 16 Augustus om 09:00 in Die Rots by die NG Kerk Goedehoop/Secunda-Oos-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Rosa Black by 082 586 9638.
LEES OOK: Secunda VLU-tak stig aandtak
LEES OOK: Secunda VLU-tak versier geskenke vir streekkonferensie
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



